Kyk: ‘Taal is soos die mensdom, dit bestaan uit iets van alles’ – Lizz Meiring

Lees ook :

Kyk: ‘Taal is soos die mensdom, dit bestaan uit iets van alles.’ – Lizz Meiring. Foto's: X en Canva

Die aktrise Lizz Meiring het ter viering van Afrikaans se 99ste bestaansjaar ’n geselsvideo op haar sosialemediabladsye gedeel.

Volgens haar is Afrikaans ’n “kanniedood”. Sy deel ook haar geheim vir die voortbestaan van Afrikaans. “Dit help nie om televisies stukkend te skop en protesoptogte te hou nie, want Afrikaans is nie ’n brandsiekskapie wat in ’n kampie beskerm moet word nie,” vertel sy.

Sy beskryf Afrikaans as inklusief. “Dit het soveel tale, kleure en geure. Afrikaans is daar vir almal.”

“Ons taal sal voortleef as ons dié wat dit skep, ondersteun. Die kunstenaars, die entrepreneurs, die skrywers, die digters, die tydskrifte, die boeke, die musiek. Alles wat in Afrikaans geskep word … dit is wat ’n taal laat leef en beef en die kultuur uitdra.”

Dít is volgens haar wat sal help met die voortbestaan van Afrikaans. “Kom ons maak daai kampie oop en laat almal toe om dalk modern, en vir dié wat meer tradisioneel is, hulle manier van die taal te gebruik.”

Bron: Lizz Meiring X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief