Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Tafelberg brand ná weerlig

Brande breek uit na weerlig op Tafelberg. Foto: SANParke
Brande breek uit na weerlig op Tafelberg. Foto: SANParke

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Verskeie brande wat die naweek op Tafelberg as gevolg van weerlig ontstaan het, is onder beheer gebring terwyl ander nog voortwoed.

Cecilia Forest, Silvermine en Kaappunt is van die areas wat geaffekteer is.

Volgens SANParke het die vinnige optrede van Tafelberg Nasionale Park se NCC Omgewingsdienste, vrywillige veldbranddienste en Stad Kaapstad ’n kritieke rol gespeel om die situasie onder beheer te bring.

Staproetes tussen Gifkommetjie en Circles Vlei en alle roetes wat in Olifantsbos begin, is geaffekteer. Alle wandelroetes wat na Back Table vanaf Kampsbaai, Houtbaai, Constantianek, Cecilia-bos, en Kirstenbosch lei, is ook gesluit.

Kirstenbosch Botaniese Tuine is Sondagmiddag tydelik gesluit as voorsorgmaatreël vir openbare veiligheid.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media geplaas:

Bron: SANParks – Table Mountain National Park, Facebook