Kyk: Tien sterf toe Maleisiese helikopters bots

Lees ook :

Kyk: Tien sterf toe Maleisiese helikopters bots. Foto: Munsif Daily

Waarskuwing: Die video’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

LUMUT, MALEISIË. – Tien persone is dood toe twee Maleisiese militêre helikopters in die lug teen mekaar gebots het. Dit was tydens die voorbereiding vir die land se 90ste vlootdagvieringe.

Volgens berigte het die helikopters se skroewe aan mekaar geraak voordat beide grond toe getuimel het.

Een helikopter het sewe mense aan boord gehad en die ander een drie. Al die insittendes is oorlede. Die een helikopter het op ’n atletiekbaan neergestort terwyl die ander een in ’n swembad beland het.

Die oorledenes se liggame is na die Lumut- militêre hospitaal vir uitkenning geneem. ’n Komitee is saamgestel om die voorval te ondersoek.

Anwar Ibrahim, Maleisië se eerste minister, sê die land treur oor die gebeurtenis.

Die volgende video’s van die ongeluk is op sosiale media gedeel:

Bronne: BBC, SkyNews, Reuters

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief