Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Tornado’s teister suidelike deel van VSA

Opruimingsoperasies het reeds begin in die gebiede wat geraak is.

Kyk: Tornado’s teister suidelike deel van VSA. Foto: AccuWeather
Kyk: Tornado’s teister suidelike deel van VSA. Foto: AccuWeather

VSA. – Tornado’s het die invloed van die vloede vererger wat tans oor die suidelike deel van die VSA voorkom. Areas in Louisiana en Alabama het onder andere Woensdag onder tornado’s en hael deurgeloop.

Gemeenskappe in West Virgina en North Carolina het hulle asems opgehou omdat tornado-waarskuwings ook aan hulle uitgereik is.

Opruimingsoperasies het reeds begin in die gebiede wat geraak is. Skade aan geboue en infrastruktuur is in verskeie areas aangerig.

Beelmateriaal van die tornado’s is op sosiale media geplaas:

Bronne: AccuWeather, FOX Weather, Twitter