KYK: Twee polisiebeamptes gearresteer na geweld in straat

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal Reginald H D Carolus

WAARSKUWING! Die inhoud en taalgebruik in die beeldopname kan lesers ontstel.

OOS-KAAP. – Geweld het op 21 Januarie, omstreeks 05:20, by ‘n vulstasie in Mainstraat op Despatch uitgebreek. Twee polisiebeamptes (25) wat van diens was, is Vrydag gearresteer en het in die hof verskyn, waarna hulle op borg van R1 000 elk vrygelaat is.

Kyk die video-opname hier – https://fb.watch/xn6RtlPAWG/

Lt. kol. Siphokazi Mawisa sê aan Nuusflits na bewering het ‘n argument tussen twee persone in ‘n skermuteling ontaard. Die situasie het vererger met verskeie persone wat aangerand is en toe omstanders wou help, het ‘n erger bakleiery uitgebreek.

Sake van poging tot moord en die onwettige afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief