Waarskuwing! Die video kan sensitiewe lesers ontstel.
KWAZULU-NATAL. – Twee mans is dood nadat die voertuig waarin hulle gereis het Dinsdagmiddag teen ‘n boom in Mt. Edgecombe gebots en in twee geskeur het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing motoriste het dié diens ontbied na ‘n toneel waar ‘n wit Mazda 323 ‘n boom getref het nadat dit glo teen ‘n hoë snelheid gery en skielik van die pad af geswenk het. Reaksiebeamptes het die voertuig in twee gevind. Twee insittendes is op die toneel dood verklaar en ‘n derde man is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal gehaas.
Die bestuurder het blykbaar aan reaksiebeamptes gesê hulle het alkohol gebruik en was op pad terug na Verulam toe die ongeluk plaasgevind het.





