LOERIESFONTEIN, NOORD-KAAP. – Die gemeenskap van Loeriesfontein is geskok nadat die geskende liggaam van Marina Ciska Beukes (17) slegs drie weke na die beweerde moord op Hanna Gous gevind is.
’n Verdagte is na bewering ernstig deur inwoners aangerand en is in die Abraham Esau-hospitaal opgeneem.
Volgens Isaac Cloete is beide slagoffers se kele na bewering afgesny en het die moorde glo dieselfde modus operandi gehad.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Navrae is aan Loeriesfontein-SAPD gestuur.
’n Video van die oproerige inwoners voor die verdagtes se huis is op sosiale media geplaas:
LOERIES FOUNTAIN. Community in riot after discovery of 17-year-old woman Marina (Ciska) Beukes' damaged body, 3 weeks after ano… See more pic.twitter.com/ijlZ8nSo6o
— Mehmet Vefa Dag (@Mehmetvefadag) March 30, 2024
Bronne: Bluetick Media, Isaac Cloete Facebook-bladsy, X





