KWAZULU-NATAL. – Aphile en Aphelele Dlamini, ‘n agtjarige boetie-en-sussie-tweeling, het op 18 Oktober in ‘n hysbakskag in die Homii-woonstelgebou in Durban, waar hulle gespeel het, na benede geval. Khaya Dlamini, die tweeling se pa, sê in ‘n sosialemediaplasing sy seun het gesterf, terwyl sy dogter in ‘n koma in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal vir haar lewe veg. Dlamini eis geregtigheid nadat die kinders van die vierde vloer na die kelder geval het.
Intussen sê die pa hy en sy vrou moet elke dag die plek sien waar die tragedie gebeur het en dat hy graag sy kinders se skoene wou hê wat in die kelder was. Volgens sy plasing was beweerde foutiewe hysbakdeure nie tydens die voorval gesluit nie, maar wel ná die tyd.
Hy sê voorts die bestuur van die woonstelkompleks toon geen belangstelling nie en het nie hom en sy vrou besoek nie. Daar is wel glo kruideniersware en ‘n sagte speelding gestuur, wat die pa van die hand gewys het. Dlamini beweer ook dat daar met bewysstukke gepeuter is en dat die verantwoordelikes aanspreeklik gehou moet word.
Daar is ‘n kamera in die gebied waar die kinders geval het. Dlamini sê hy het vir die video-opname gevra, maar die versoek is geweier. Volgens die pa word die ondersoek na sy kinders se dood nie behoorlik hanteer nie en toe hy die speurder kontak,
is hy glo gesê om op sy kind se begrafnis te fokus.
“Homii has tampered with evidence multiple times and I am told by other tenants that two guys were there removing the evidence, wiping my kids’ blood. Every staff personnel who tampered will account! The lift company that sent the maintenance who tampered with the lift after the incident will account! Justice shall prevail!” het hy gesê.
Homii het intussen die volgende verklaring gemaak, wat deur Dlamini as onsin bestempel is.

Bron: Khaya Dlamini Facebook-blad.
#JusticeForDlaminiTwins





