KYK: Tweepotstelsel – wat jy moet weet oor jou aftreegeld

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die tweepot-aftreestelsel is deur die regering as wet geteken en sal op 1 September in werking tree.

Die publiek word met inligting van finansiële instellings oorval. Maar verstaan jy na jare waarvoor jy jou afgesloof het en wat met jou swaarverdiende geld na jou aftrede gaan gebeur?

Old Mutual verduidelik in ‘n Afrikaanse video hier bo hoe die stelsel jou en jou sak gaan raak. Jy gaan steeds soos sake nou staan jou gevestigde pot (pensioenspaargeld) hê, maar jy gaan nou outomaties ‘n addisionele spaarpot hê. In jou pensioenpot (bewaarpot) sal twee derdes van jou geld wees en in jou spaarpot een derde van jou geld.

“Met die spaarpot beteken dit jy kan dalk in aanmerking kom om geld te laat oorplaas van jou bestaande gevestigde pot (jou huidige pensioenspaargeld) na jou nuwe spaarpot.”

Jy kan een keer in ‘n belastingjaar ‘n minimum van R2 000 uit jou spaarpot onttrek, maar jy sal ‘n transaksiefooi, asook belasting, gebaseer op jou marginale belastingkoers, daarvoor betaal.

“Alhoewel dit uiters aanloklik kan wees om toegang te verkry tot die geld wat tot jou beskikking is, onthou die langtermynvoordele om nie te onttrek nie, sal jou in die toekoms baat.”

Old Mutual waarsku dit is om spaar vir jou aftrede te bevorder. Die spaarpot sal met aftrede aan jou uitbetaal word, maar die pensioenpot sal ‘n maandelikse inkomste voorsien.

Bron: Old Mutual




 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief