KYK: Veiligheidsbeampte in transitorooftog gewond

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

KWAZULU-NATAL. – ‘n Veiligheidsbeampte is Woensdagaand tydens ‘n transitorooftog in Murrayweg in Pietermaritzburg beseer, terwyl sy kollega getraumatiseer is.

Mi7 National Group sê noodoproepe is net voor 18:00 ontvang. Dié diens se mediese en veiligheidspanne, insluitend gevorderde lewensondersteuning, het hulle na die toneel gehaas. Op die toneel was een veiligheidsbeampte gedisoriënteerd en sigbaar getraumatiseer, maar nie fisies beseer nie. ‘n Tweede beampte is met skietwonde in ‘n ernstige toestand aangetref. Behandeling is op die toneel toegepas om hom met hulp van ‘n ander diensverskaffer te stabiliseer. Hy is daarna na ‘n hospitaal vervoer.

Hoewel die voorval ondersoek word, dui onbevestigde rapportering vanaf die toneel sowat twaalf verdagtes kon by die rooftog betrokke gewees het en dat drie tot vier voertuie gebruik is. Daar word verder beweer dat die verdagtes met hoëkalibergewere, insluitend AK-47’s, gewapen was. Die gepantserde voertuig is tydens die voorval opgeblaas.

Brandweerdienste en wetstoepassingsagentskappe was op die toneel.

KwaZulu Private Ambulance Service sê die voorval het omstreeks 17:45 in Gladys Manziweg gebeur. Dié diens sê dit is die tweede transitorooftog in ‘n week waar bystand verleen is. Die vorige voorval was Saterdagnag op die R34 in Vryheid. Geen beserings van die voorval is aangemeld nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief