Kyk: Veiligheidsbeampte slaan plunderaar op toneel van transitoroof katswink

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Yusuf Abramjee X-profiel

GAUTENG. – ‘n Veiligheidsbeampte het gister op die toneel van ‘n transitorooftog in die noorde van Pretoria ‘n plunderaar katswink geslaan.

Yusuf Abramjee het hierdie video van ‘n transitorooftog op sy X-profiel gedeel. Daar kan gesien word hoe die gemeenskap die misdaadtoneel plunder terwyl die veiligheidsbeamptes probeer keer. Een van die plunderaars word kapoet geslaan.

Dit keer egter nie diegene wat probeer aas, om weg te bly nie.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die polisie is op soek na ‘n groep rowers nadat ‘n rooftog omsteeks 07:45 naby die Mandela-sportkompleks in Hammanskraal plaasgevind het.

Van Wyk sê die kontantwa met drie bemanningslede was van die N1-Hoofweg af in Hammanstraat toe ‘n silwerkleurige Mercedes-Benz C180 in die kontantwa vasry. Na bewering het die verdagtes op die sekuriteitsbeamptes geskiet, die kontantwa opgeblaas en met ‘n onbekende bedrag kontant in ‘n wit Ford Ranger van die toneel gevlug.

Die polisie waarsku gemeenskapslede om nie die wet te oortree deur hulleself aan die kontant op misdaadtonele te help nie. Dit is ‘n kriminele oortreding om met misdaadtonele te peuter.

Enigiemand met inligting oor die transitorooftog word versoek om Hammanskraal-polisiestasie by 012 432 8767 te bel.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief