GAUTENG, SUID-AFRIKA. – ’n Trok wat mayonnaise vervoer, het vroeër vandag sy vrag op die R21 net na die Atlasweg-wisselaar aan die Oosrand verloor.
Dit is nie bevestig of die trok vanself sy vrag verloor het, en of dit deur omstanders gedoen is nie.
Yusuf Abramjee het ’n video van die voorval op sy Twitter-blad geplaas. Daarin kan gesien word hoe mense arms vol mayonnaisebottels van die pad optel. Daar is egter ook baie skade soos wat die gebreekte glasbottels tussen die mayonnaise rondlê.
Waarskuwing: Taalgebruik kan sensitiewe luisteraars ontstel.
R21 after Atlas Road off ramp, East Rand. https://t.co/61aUWBMO5h
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 11, 2024
Bron: Yusuf Abramjee Twitter-blad





