Video in berig.
KWAZULU-NATAL. – 14 leerlinge van ‘n skool in Umfolozi is Sondagaand beseer toe ‘n minibustaxi, wat hulle na en van die skool vervoer, by die Lakeside-kruising van R33 en R34 naby Vryheid in ‘n ongeluk betrokke was.
Craig Botha, van KwaZulu Private Ambulance Service, sê dié diens is na die toneel waar mediese aandag aan 17 beseerdes verleen is. 11 van hulle is ernstig en ses gering beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





