Riana Nel het met die video-opname van Ek Wonder besluit om drie vliegtuie oor haar en haar musikante te laat vlieg.
Sy het dit ook self in een van die vliegtuie gewaag, waartydens die vliegtuig twee keer vir haar video geflip het. Nel sê sy was twee dae lank naar en beskryf hoe sy probeer sing het terwyl hulle onderstebo vlieg.
En waarom die drie vliegtuie? As kinders van die Here wat in ‘n ander tipe perspektief op aarde lewe en ‘n ander siening het, het sy die drie vliegtuie vir die Vader, die Seun en die Heilige Gees, gekies.
Sy vertel ook hoe sy nie waardig gevoel het om die liedjie te sing nie, maar haar antwoord daarop gekry het.
Vertel gerus in die kommentaar wat jy van die liedjie en video dink.
Bron: Riana Nel Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





