KWAZULU-NATAL. – Vier persone het Dinsdag omstreeks 10:00 op die R61 naby Shelly Beach gesterf toe ‘n bakkie met ‘n sleepwa vol aartappels gebots het. Nog twee voertuie was by die botsing betrokke.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê in ‘n sosialemediaplasing buiten die vier sterftes is twee persone kritiek en twee ernstig beseer. As gevolg van die erns van sommige van die beserings is ’n mediese helikopter gebruik, wat tot die tydelike sluiting van die pad gelei het.
’n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is aan die gang en word deur die betrokke owerhede hanteer.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





