SAN FRANCISCO, KALIFORNIË. – ’n Boeing 777 van United Airlines het Donderdag omstreeks 13:00 ’n wiel kort na opstyging vanaf San Francisco- internasionale lughawe verloor.
Die vliegtuig met 249 passasiers aan boord was onderweg na Osaka, Japan. Beeldmateriaal wys hoe die vliegtuig se een wiel loskom en in ’n parkeerarea vir personeel op ’n motor se agterruit te lande kom. Nog motors is beskadig.
Gevolglik moes die vliegtuig ’n noodlanding by Los Angeles- internasionale lughawe doen. Geen beserings is aangemeld nie.
Die Federale Lugvaartadministrasie sal ondersoek instel.
🚨#BREAKING: United Airlines Boeing 777 loses tire while taking off from crushing multiple cars on the ground⁰⁰📌#SanFrancisco | #California ⁰
— R A W S A L E R T S (@rawsalerts) March 7, 2024
A United Flight 35, operated by a 2002 Boeing 777-222(ER) plane (N226UA), had to make a forced emergency landing after losing one or… pic.twitter.com/ip5A8XYsJ7
Bronne: SkyNews, BBC, CBS News, Twitter





