Kyk: Vloede saai verwoesting in China

Lees ook :

Kyk: Vloede saai verwoesting in China. Foto: News 18

GUANGDONG, CHINA. – ’n Waarskuwing vir erge vloede is Sondag vir die Guangdong-provinsie in die suide van China uitgereik nadat die Xijiang- en Beijiang-rivierkomme hoë volumes water gekry het.

Stortreën wat sedert Donderdag regoor die provinsie val, het verskeie modderstortings in van die bergagtige dele veroorsaak.

’n Waarskuwing is uitgereik vir vloedwater van meer as 5.8 m hoog. Nagenoeg 1.16 miljoen huise is sonder krag terwyl meer as 1 000 skole in Zhaoqing, Shaoguan en Qingyuan aangekondig het hulle gaan Maandag gesluit wees.

Die Guangxi-provinsie, wes van Guangdong, het Sondag stormsterk winde en ’n groot hoeveelheid modderstortings aangeteken.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gelaai:

Bronne: Channel News Asia, The Citizen, SABC, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief