KYK: Vlugtende taxibestuurder verdwyn in rivier

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video JP Smith

WES-KAAP. – ‘n Taxibestuurder wat gisteroggend probeer het om die lang arm van die gereg te ontwyk deur in ‘n rivier te spring, is deur die sterk stroom weggespoel. Hy is nog nie sedertdien opgespoor nie.

Alderman JP Smith sê die voorval het op die N2 gebeur toe verkeersbeamptes op patrollie ‘n Toyota Quantum voorgekeer het. Die bestuurder van die taxi het uitgespring en die verkeersbeamptes is agter hom aan. Hy het in die rivier langs die pad gespring. Ekstra hulp is deur die verkeersbeamptes ingeroep.

Smith sê met die afgelope tyd se reën en die vinnig vloeiende rivier is die taxibestuurder nie weer gesien nie. Die soektog is laer af teen die rivier uitgebrei, maar die man kon nie gevind word nie.

Die minibustaxi is as gevolg van uitstaande boetes geskut en die voorval is aan die polisie gerapporteer. Die taxi-eienaar is volgens Smith versoek om die polisie te kontak om sodoende die identiteit van die bestuurder te bekom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief