KYK: Voertuig tref drawwers, vrou met impak teen wal af

Lees ook :

Foto's: Peter Flentov

WES-KAAP. – Twee drawwers is Sondagoggend kort na 07:30 in Victoria-rylaan in Bantry Bay, deur ‘n vermoedelike dronkbestuurder getref. Een van die drawwers, ‘n vrou, is tydens impak oor ‘n muur en teen ‘n steil wal af geslinger.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n volwasse man is op aanklag van die bestuur onder die invloed van alkohol en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem. ‘n Man en ‘n vrou is deur die bestuurder van die voertuig getref. Die slagoffers is vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit geneem. Enigiemand met relevante inligting oor die voorval word gevra om na vore te kom.

Peter Flentov van The Atlantic Seaboard Community Forum sê die bestuurder van die voertuig was na bewering onder die invloed van alkohol, toe hy beheer oor die voertuig verloor en in ‘n groep drawwers ingery het. Twee drawwers, van wie een ‘n vrou, is getref en oor ‘n muur gestamp. ‘n Mediese dokter het na die vrou, wat glo ‘n been gebreek het, omgesien. Sy moes deur die hyskraan van ‘n brandweertrok teen die wal na die straat gehys word. Flentov sê die vrou is kritiek, maar stabiel. Die bestuurder van die voertuig is glo na die Seepunt-polisiestasie geneem.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief