KYK: Vragmotorbestuurder van Pongola skuldig aan 20 moorde

Lees ook :

Foto: Op lêer

Video-opname van die ongeluk in berig. Waarskuwing: die video kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – Sibusiso Siyaya is skuldig bevind nadat die vragmotor wat hy op 16 September 2022 bestuur het ‘n bakkie op die N2-hoofweg getref en skoolkinders, sowel as volwassenes, gesterf het.

Natasha Ramkisson-Kara sê Siyaya is Dinsdag skuldig bevind op 20 aanklagte van moord, roekelose en nalatige bestuur, sowel as versuim om die pligte van ‘n bestuurder na ‘n ongeluk uit te voer.

Siyaya het met die vragmotor in die aankomende baan gery en verskeie voertuie verbygesteek, waarna hy die bakkie met skoolkinders getref het. Al die insittendes van die bakkie is oorlede.

Die vonnisoplegging vind vandag plaas.

Nuusflits het voorheen berig die skoolkinders was tussen 5 en 12 jaar oud. Die liggame van die kinders het wyd oor die toneel versprei gelê. Twee volwassenes was onder die oorledenes.

Video-opname: Leandro de Beer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief