KYK: Vroulike EMPD-beampte maak kriminele sake teen verkeersbeampte

Lees ook :

Foto's: EMPD
GAUTENG. – ‘n Beampte van Ekurhuleni-metropolisie het onder meer ‘n aanrandingsklagte teen ‘n Gauteng-verkeersbeampte gelê.

EMPD sê in ‘n verklaring ‘n video-opname soos hierbo gesien kan word, is intussen wyd en syd op sosiale media versprei.

Die voorval het Dinsdag op die Dekemapad in Wadeville gebeur toe ‘n vroulike EMPD-beampte wat van diens af was ‘n voertuig met buitelandse registrasieplate gestop het. Daar was geen behoorlike dokumente vir die voertuig nie, waarna die beampte die bestuurder ingelig het die voertuig word gekonfiskeer.

Die bestuurder van die voertuig het haar “man” gekontak, waarna die Gauteng-verkeersbeampte in volle uniform opgedaag het. Wat gebeur het, is in die video hier bo te sien.

Sizakele Masuku, die LUR en lid van die burgemeesterskomitee vir gemeenskapsveiligheid, het die voorval veroordeel.

“Dit is onaanvaarbare gedrag en die reg moet sy loop neem. Wat selfs hartseer is, is dat dit kollegas is wat moet saamwerk om ons mense te beskerm. Niemand is bo die reg in hierdie land verhewe nie en sulke barbaarse gedrag, veral deur ’n beampte van die wet is, beslis betreurenswaardig.”

Die EMPD-beampte het sake van intimidasie, aanranding, crimen injuria, regsverydeling en inmenging met polisiepligte geopen.

Lees die volledige verklaring hier onder:

EMPD OFFICER LAYS ASSAULT CHARGES AGAINST GAUTENG TRAFFIC OFFICER

The video that has gone viral on Social Media platforms regarding the Gauteng Traffic Police attacking and insulting EMPD officers, Member of the Mayoral Committee for Community Safety (MMC) in Ekurhuleni Ald Sizakele Masuku has come out to condemn the intimidation of the EMPD officers by a Gauteng Traffic officer.
The incident unfolded in Dekema Road in Wadeville yesterday when a on-duty female EMPD officer stopped a car with foreign registration plates. When the officer discovered that there was no proper documentation for the car, she informed the driver that it was being confiscated. The driver called the ‘husband’ who arrived swiftly in full uniform of the Gauteng Traffic Department – and that is when the alleged abuse of the EMPD officer started.
“This is unacceptable behaviour and the law must take its course. What is even sad is that these are colleagues who should be working together to protect our people,” says MMC Masuku.
“No one is above the law in this country and such barbaric behavior especially by an officer of the law is definitely regrettable.”
Cases of intimidation, common assault, crimen injuria, defeating the ends of justice and interfering with police duties were opened by the EMPD immediately after the abuse by the Gauteng provincial officer.
The MMC is calling for speedy investigation into the matter so that appropriate action can be taken against the alleged perpetrator.

#EMPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief