CHILE. – ’n Man (24) het verlede week (24) kortstondig in die mond van ‘n walvis beland en is daarna weer uitgespoeg toe hy en sy pa met kajakke in Chile geroei het.
Lees ook: Swart mamba van 2.5 m in Belvedere, KZN, gevang
Die pa het die oomblik op video vasgevang toe ’n boggelrugwalvis sy seun, Adrian Simancas, “gesluk” het en hom toe weer uitgespoeg het. Sy pa het vir hom geskree om sy kajak te gryp na die walvis hom uitgespoeg het.
Adrian het na sy pa se kajak geswem en het daaraan vasgehou soos hulle wegbeweeg het. ’n Wetenskaplike wat diere bestudeer, het gesê die walvis was waarskynlik besig om te eet en Simancas was in sy pad.
Volgens die wetenskaplike, Vanessa Pirotta, het die walvis nie vir Simancas ingesluk nie en het hom ook nie geteiken nie. Pirotta het gesê walvisse het ook nie die tande of keel om ’n mens te eet nie.
A male kayaker was swallowed by a humpback whale off Chilean Patagonia before being released seconds later, unharmed.
— Channel 4 News (@Channel4News) February 13, 2025
Adrián Simancas was kayaking with his father, who filmed this video as the massive mammal suddenly surfaced. pic.twitter.com/0nuE6OP88s
Bronne: CNN, CBS News, NBC News, X





