KYK: Yslike krokodil op skool se hokkieveld gevang

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video opname (Krediet onbekend)

Video-opname in berig.

MPUMALANGA. – ‘n Krokodil van 3.57 m lank is Maandagaand op die hokkieveld van Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal gevang.

‘n Video-opname van die voorval is aan Nuusflits gestuur waarin gehoor kan word hoe kwaai die krokodil blaas en rol, terwyl daar gestoei word om haar veilig te vang.

Die skool sê in ‘n sosialemediaplasing mnr. John Smith, die skoolhoof, moes homself Steve Irwin hou toe ‘n veiligheidswag van Gunmar, wat omstreeks 20:30 sy rondtes doen, op die wyfiekrokodil afgekom het.

Die veiligheidswag wat sy professie gestand doen, het dadelik bystand ontbied, waarna sy maatskappy vir Hannes Botha, ‘n herpetofauna-wetenskaplike van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) gekontak het. Die MTPA is lid van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) en Spesie-oorlewingskommissie (SSC) Krokodilspesialisgroep. Botha, die skoolhoof, skoolpersoneel en veiligheidsmaatskappypersoneel het almal saamgespan om die krokodil van die skoolperseel weg te kry.

Die krokodil is deur Botha ondersoek en deur 10 mans op ‘n bakkie probeer laai, maar dit was te groot. ‘n Groter bakkie moes ingespan word. Die krokodil is langs die N11-Middelburgpad, buite Groblersdal, by ‘n rivier losgelaat.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief