KZN-matrikulante sterf na ‘pens down’-partytjie

NEW CASTLE. – Drie matriekleerlinge van New Castle het Maandagoggend in ’n motorongeluk gesterf na ’n botsing in die Amajuba-distrik. Drie ander leerders is

KZN-matrikulante sterf na ‘pens down’-partytjie Foto ter illustrasie: Canva

NEW CASTLE. – Drie matriekleerlinge van New Castle het Maandagoggend in ’n motorongeluk gesterf na ’n botsing in die Amajuba-distrik. Drie ander leerders is beseer. Al die leerders is van Hoërskool Mnyamande.

Muzi Mahlambi, provinsiale onderwyswoordvoerder, sê die beseerde leerders is tans in die hoësorgeenheid. Die LUR het haar medelye teenoor die slagoffers se families uitgespreek. Sy sê dat die ongeluk hopelik die waarskuwings oor die risiko’s verbonde aan ‘pens down’-partytjies sal beklemtoon.

Die ongeluk volg nadat vyf tieners Saterdagnag inderhaas hospitaal toe geneem is nadat hulle te veel alkohol op ’n Oos-Londense strand ingeneem het.

Minister Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê die insidente van ‘pens down’-partytjies wat reeds op sosiale media versprei word, kommerwekkend is. “Feesviering is belangrik, maar veiligheid kom eerste.”

Bronne: East Coast Radio, Sowetan Live

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]