Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel
Die laaste verdagte in die Lusikisiki-massaskieterysaak is gistermiddag in hegtenis geneem.
Die verdagte is by die King William’s Town-busstasie op ’n bus wat op pad was na Kaapstad in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die Lusikisiki-landdroshof verskyn.
Altesaam 18 mense is verlede jaar dood in ’n massaskietery by twee wonings in Lusikisiki. Die meeste van die slagoffers was lede van een familie wat besig was om gereed te maak om die grafte van nog twee familielede, wat ook vermoor is, te gaan besoek.
Die motief vir die skietery is steeds onbekend.
Bronne: SAPD
Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel