Laboratorium bevestig 16 gevalle van a-pokke, drie sterftes aangeteken

Lees ook :

Die aantal gevalle van a-pokke wat deur laboratoriumtoetsing bevestig is, het tot 16 gestyg. Altesaam drie sterftes is in Mei vanjaar sedert die uitbreek van hierdie siekte aangeteken.

Foster Mohale, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement, sê diegene wat positief getoets het, is mans tussen 23 en 43 jaar oud. Agt gevalle is in KwaZulu-Natal, sewe in Gauteng en een in die Wes-Kaap aangemeld.

Slegs een persoon uit die 16 was nie gehospitaliseer nie. Hy was ‘n 40-jarige man van Ladysmith in KZN wat tuis gesterf het. Sy positiewe uitslae is op 23 Junie ontvang. Die ander twee sterftes is in Gauteng aangeteken – een in Johannesburg en een in Mamelodi. Beide het nie gereis nie.

Die gesondheidsdepartement sê daar is geen sprake van inperkings of reisbeperkings nie.

Enigiemand kan a-pokke opdoen, ongeag ouderdom, ras of geslag. Diegene met simptome moet dadelik by ‘n mediese fasiliteit rapporteer en nie selfbehandeling probeer toepas nie.

Lees die gesondheidsdepartement se volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief