‘Laboratorium’ langs begraafplaas ontdek

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Die polisie het Woensdagoggend op ‘n beweerde laboratorium agter ‘n informele nedersetting in Simile langs ‘n begraafplaas afgekom terwyl hulle met ‘n operasie op Sabie besig was.

Kol. Donald Mdhluli sê sodanige laboratorium kan gebruik word om goud en silwer deur chemiese vervaardiging te verwerk.

Kommerwekkend is die feit dat die opgestelde fasiliteit gemaklik deur gemeenskapslede en kinders bereik kan word. Gevaarlike items, soos leë houers van sodiumsianied, het daar rondgelê. Water wat van die perseel teen ‘n wal af na ‘n rivier dreineer, is as ‘n verdere probleem geïdentifiseer. Mdhluli sê as gevolg van die storting bestaan ‘n moontlikheid van besoedeling van die rivierwater, wat gevaarlik vir beide mens en dier kan wees.

Die polisie vra die gemeenskap om soortgelyke fasiliteite waarop hulle mag afkom, aan te meld.

Mdhluli sê die polisielede wat die vonds gemaak het, fokus op onwettige mynery in die area.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief