Laerskoolleerling tereggestel

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Reaction Unit South Africa

Waarskuwing! Video kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Graad 6-leerling (13) van Laerskool Kwaginga is Donderdag in Amaotana op ‘n kort afstand buite sy huis tereggestel. Hy is skietwonde in sy agterkop, bokant sy linkeroog en in sy linkerhand toegedien.

Kol. Robert Netshiunda sê aan Nuusflits Verulam-polisie ondersoek die seun se moord, nadat hy Donderdagmiddag na bewering in die Amaotana-gebied doodgeskiet is. Hy sê die polisie het op ‘n klagte van ‘n skietery reageer en met aankoms op die toneel is die seun se liggaam met verskeie skietwonde, op die grond aangetref.

“Berigte dui daarop dat die oorledene deur drie mans oodgeskiet is. Die verdagtes is in dié stadium onbekend en die motief van die moord word ook ondersoek.”

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die seun is in sy erf doodgeskiet. Ooggetuies het reaksiebeamptes meegedeel drie gewapende, vermomde mans het die seun en sy vriende gekonfronteer. Hulle is oor ‘n vuurwapen uitgevra waarmee die oorledene glo gesien is. Die kinders is aangerand voordat die seun tereggestel is.

Die verdagtes het te voet gevlug.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief