KWAZULU-NATAL. – 18 persone, van wie die meeste leerders, is vanoggend net na 06:35 op pad skool toe beseer in ‘n tromp-op-botsing op die Hans Detman-hoofweg naby Wingen Walk.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici het huilende kinders op die toneel aangetref. Meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel ontbied.
18 beseerdes, wat die twee bestuurders van die voertuie insluit, is op die toneel gestabiliseer alvorens hulle vir verdere behandeling na verskeie hospitale in Durban vervoer is.
Jamieson sê verskillende beserings is opgedoen. Die leerders is met ‘n taxi skool toe vervoer.
“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD was teenwoordig en sal verder ondersoek instel.”

Foto: Arrive Alive





