KWAZULU-NATAL. – Twee gr. 9-leerders van ‘n hoërskool in Durban (naam weerhou) het na bewering verlede Dinsdag ‘n vuurwapen van hul oom skool toe geneem, waar dit glo in ‘n stadium verlore geraak en weer opgespoor is.
Volgens Reaction Unit South Africa is vertroulike inligting oor skoolleerders met ‘n 9 mm-vuurwapen by ‘n sekere skool ontvang.
‘n Reaksiebeampte het foto’s van die wapen wat by die skool rondgeswaai word. Die seuns het glo die wapen aan hulle vriende gewys en gesê hulle oom het hulle toegelaat om dit skool toe te neem.
Die vuurwapen is glo uit ‘n leerder wat tydens klasse geslaap het se sak gevat, maar is later teruggekry.
Uit vrees vir vikitimisasie het leerders na bewering nie die voorval aan onderwysers of die skool se beheerliggaam gerapporteer nie.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





