Leerling doen steekwond op, nog een in aanhouding – LUR veroordeel bendegeweld

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, het die onlangse voorvalle van bendegeweld wat skole in Orange Farm ontwrig, ten sterkste veroordeel. ‘n Leerling het vanoggend (Woensdag) ‘n steekwond opgedoen en nog een is in aanhouding.

Steva Mabona, woordvoerder vir die departement, sê ‘n geveg het vanoggend by die Hoërskool Vulanindlela tussen vier leerlinge uitgebreek, wat onderrig ernstig ontwrig het. ’n Gr. 11-leerling is met ‘n skerp voorwerp gesteek en na ’n kliniek geneem. Die vermeende aanvaller, ’n gr. 10-leerder, is deur skoolpatrolleerders aangekeer en is tans in polisie-aanhouding.

In ’n afsonderlike voorval Vrydag was daar ’n messteekgeval in die gemeenskap tussen ’n leerder van Hoërskool Thetha en ’n bekende bendelid. Maandag het bendelede blykbaar wraak gesoek en dieselfde leerder op die skoolgrond geteiken.

Mabona sê alhoewel geen sterftes aangemeld is nie, het die voorvalle onderrig by die betrokke skole en omliggende skole ontwrig. Die departement werk nou saam met die SAPD om al die betrokke voorvalle en verdagtes te ondersoek en om veiligheid te verseker. Verskeie noodmaatreëls is ingestel – dit sluit verhoogde polisiesigbaarheid, gereelde patrollies en deursoekings by skole in. Sielkundige ondersteuning word aan leerders en onderwysers beskikbaar gestel. Boonop het die skoolbeheerliggame van albei skole die betrokke leerders geskors en dissiplinêre stappe is begin. Leerlinge word aangemoedig om na skole terug te keer.

Chilonane het voorts alle bendeverwante aktiwiteite veroordeel: “Ons is daartoe verbind om ons skole veilige leeromgewings te maak. Enige leerder wat by bendegeweld betrokke is, sal onmiddellik geskors word en aan formele dissiplinêre prosesse onderwerp word.”

Hy het ouers, voogde en gemeenskapslede versoek om die departement by te staan in die stryd teen geweld en om dissipline onder leerders te bevorder. Hy het ook gevra wetstoepassingsagentskappe moet hul veiligheidsmaatreëls verskerp om leerders en onderwysers te beskerm. Die polisie het onderneem om patrollies in die omgewing oor die volgende paar weke te handhaaf.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief