WES-KAAP. – ’n Leerling-inspektrise wat ‘n beseerde ponie probeer help het, is Sondagoggend op die N2 naby die Kaapse lughawe van haar besittings beroof.
Volgens ‘n sosiale-mediaplasing van die Animal Welfare Society of SA het die ponie ‘n gebreekte been en verskeie steekwonde opgedoen. Crystal, die inspekteur, en die man wat die voorval aangemeld het, is na bewering van hul besittings beroof nadat hulle op die toneel aangekom het. Hulle het nietemin by die ponie gebly totdat hulp opgedaag het.
Nog spanlede is na die toneel gestuur en met behulp van die Cart Horse Protection Association is die dier onmiddellik behandel. Daar is later vasgestel dat die ponie die vorige nag gesteel is. Sy eienaar kon opgespoor word, maar die ponie moes uitgesit word.
Animal Welfare Society of SA het wetstoepassers en die dierebeheer-eenheid vir hul vinnige reaksie en die bystand van ene Henricus, ‘n motoris, bedank.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





