Leerling sterf na hy pendoppie insluk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Seun in gr. 4 aan Laerskool Moriting in Mankweng het Maandagmiddag gesterf nadat hy ‘n pendoppie ingesluk het.

Matome Taueatsoala, woordvoerder van die Limpopo-onderwysdepartement, sê die seun het aan ‘n onderwyser gesê dat hy sukkel om asem te haal. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar kon nie gered word nie. Die departement bied ondersteuning aan die leerling se familie en die skoolgemeenskap deur middel van sielkundige bystand.

Lerule-Ramakhanya, die LUR vir onderwys in die provinsie, het haar medelye met die afsterwe van die leerling aan klasmaats, onderwyspersoneel en aan sy familie betuig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief