Leerling sterf na hy pendoppie insluk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Seun in gr. 4 aan Laerskool Moriting in Mankweng het Maandagmiddag gesterf nadat hy ‘n pendoppie ingesluk het.

Matome Taueatsoala, woordvoerder van die Limpopo-onderwysdepartement, sê die seun het aan ‘n onderwyser gesê dat hy sukkel om asem te haal. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar kon nie gered word nie. Die departement bied ondersteuning aan die leerling se familie en die skoolgemeenskap deur middel van sielkundige bystand.

Lerule-Ramakhanya, die LUR vir onderwys in die provinsie, het haar medelye met die afsterwe van die leerling aan klasmaats, onderwyspersoneel en aan sy familie betuig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief