Leerling val twee vloere ver by skool

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tienerseun (13) het Vrydagoggend by ‘n skool in Road 749, Risecliff, Chatsworth, van ‘n hoogte geval en beserings opgedoen.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is omstreeks 09:30 na die toneel. Die seun, wat matige beserings opgedoen het, was in pyn nadat hy twee vloere ver geval het.

Hy is gestabiliseer en vir verdere mediese sorg na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Jamieson bevestig omstandighede van die insident is onbekend, maar word deur owerhede wat op die toneel teenwoordig was, ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief