KWAZULU-NATAL. – ‘n Tienerseun (13) het Vrydagoggend by ‘n skool in Road 749, Risecliff, Chatsworth, van ‘n hoogte geval en beserings opgedoen.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is omstreeks 09:30 na die toneel. Die seun, wat matige beserings opgedoen het, was in pyn nadat hy twee vloere ver geval het.
Hy is gestabiliseer en vir verdere mediese sorg na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
Jamieson bevestig omstandighede van die insident is onbekend, maar word deur owerhede wat op die toneel teenwoordig was, ondersoek.