Leerlinge in KZN het hand-voet-en-mondsiekte

Lees ook :

Leerlinge in KZN het hand-voet-en-mondsiekte fotokrediet: Canva

PHOENIX, KWAZULU-NATAL. – Sowat sewe leerlinge het hand-voet-en-mondsiekte by ’n skool in Phoenix, KZN onder lede. Verskeie leerlinge in graad 1, graad 2 en graad 3 is met die siekte gediagnoseer.

Lees ook: Uitbraak van Duitse masels in SA

Die departement van gesondheid het die skool besoek en sewe gevalle wat tussen 6 en 10 Februarie aangemeld is, bevestig.

Volgens TimesLIVE is nog 12 leerlinge geassesseer en het simptome van die siekte getoon. Ouers is gebel om hulle kinders by die skool te gaan haal. Die departement van gesondheid gaan nog skole in KZN besoek om leerlinge te assesseer.

Die skole gaan nie gesluit word nie. Volgens die departement versprei die siekte deur direkte kontak met die siek persoon of direkte kontak met vloeitstowwe uit die persoon se neus of mond. Die siekte kan ook versprei deur te raak aan items wat deur die siek persoon aangeraak is.

Simptome sluit in ‘n koors, seer keel, moegheid, blase in die mond, op die tong, op die palms van hande of op die onderkant van voete.

Bronne:TimesLIVE, Briefly, IOL

Lees ook: Challenges and opportunities facing farmers in the red meat sector

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief