Leeu kry genadedood in Bergkwagga Nasionale Park

Lees ook :

Leeu kry genadedood in Bergkwagga- nasionale park. Foto: African Wild Forum

CRADOCK, OOS-KAAP. – ’n Leeu wat vanaf Desember 2023 in die Bergkwagga Nasionale Park gemonitor is, is onlangs weens ouderdom van kant gemaak.

Volgens Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die leeumannetjie se toestand nie sedert einde laasjaar verbeter nie. Die leeu is einde Februarie met ’n mediese pyl geskiet om sy toestand van nader te bekyk. Hulle het gevind hy is reeds ouer as 16 en was onwillig om te beweeg. Sy tande was ook in ’n swak toestand.

Alles het daarop gedui dat hy homself nie meer in die park sou kon handhaaf nie. Dus het SANParke se Veeartseny-en bestuurspanne besluit om die leeu ’n chemiese genadedood te laat sterf.

Die opsie om hom na ’n ander park te verskuif, sou nie met sy herstelproses help nie, aangesien jonger leeumannetjies die oorhand sou kry.

Die vrylating van twee leeumannetjies is deel van Bergkwagga Nasionale Park se toekomsplanne.

Bron: SANParke

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief