“Dit gaan my verstand te bowe hoe ‘n mamma dit aan haar eie kinders kan doen. Ja, die lewe is swaar waarin ons vandag lewe. Maar daai twee pragtige mensies het nie gevra om op die wrede aarde te wees nie. Daar is baie ander opsies wat sy kon gekies het, maar moord is nie n opsie nie. Dis in vandag se lewe vir die meeste mense die maklikste uitweg om te kies. Ek dink die mamma het te ligtelik afgekom vir dit wat sy aan die kinders gedoen het. Dis nie regverdig nie. Wens baie mense wil besef daar is baie ander opsies in die lewe wat ‘n mens kan kies.” – Aldi Breedt
Wil jy ‘n brief aan die redakteur skryf? Stuur jou lesersbriewe na nuus@nuusflits.com met die onderwerp “lesersbriewe”.