Lesotho-regering geskok deur Trump se ‘grap’ dat niemand nog ooit van land gehoor het nie

Lees ook :

Lesotho-regering geskok deur Trump se ‘grap’ dat niemand nog ooit van land gehoor het nie fotokrediet: Canva

LESOTHO. – Die Lesotho-regering het gesê dit is geskok deur Donald Trump se “grap” dat niemand nog ooit van die land gehoor het nie.

Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei

Trump het ’n toespraak gemaak oor die befondsing vir verkwistende uitgawes wat hy gestop het. Hy het gesê: “Agt miljoen dollar om LGBTQI+ te bevorder in die Afrika-nasie van Lesotho, waarvan niemand nog ooit gehoor het nie”.

Lesotho is een van die grootste begunstigdes van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) en het in 2024 handel gedryf met goedere ter waarde van sowat $240 miljoen. Die land se hooforganisasie vir LGBTQI+-regte het ook laat blyk dit het nog nooit befondsing van Amerika ontvang nie.

Die Lesotho-regering het gesê hulle sal ‘n amptelike brief van protes na Washington stuur.

Bronne: BBC, IOL, Polity

Lees ook: Cosatu waarsku Trump se tariewe kan tot meer werkloosheid lei

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief