Lewenslange tronkstraf nadat student ontvoer en doodgebrand is

Lees ook :

Foto: Woman For Change

GAUTENG. – Karabo Magomani Maluleke (21) was ‘n derdejaarstudent toe sy vermis geraak het. Haar liggaam is onherkenbaar verbrand in die Krugersdorp-area gevind. Tinyiko Baloyi (41) is lewenslank en nog 10 jaar vir haar moord tronk toe gestuur.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Maluleke is op 27 Mei 2023 laas gesien. Baloyi is die volgende maand op aanklagte van ontvoering en moord in hegtenis geneem.

Maluleke was ‘n sielkunde-student by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Haar liggaam is kort na Baloyi se inhegtenisname gevind en deur DNS-toetsing geïdentifiseer. Baloyi is deur die Johannesburg-hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Mjonondwane sê Baloyi het Maluleke op die betrokke dag ontvoer omdat hy vermoed het sy het ‘n ander verhouding. Hy het haar vir drie dae in ‘n gastehuis in Roodepoort gevange gehou. Haar familie kon haar nie in die hande kry nie en het haar as vermis aangemeld. Op 30 Mei het Baloyi vir Maluleke na ‘n oop veld in Doornkop geneem, haar hande en voete vasgebind, haar met petrol deurdrenk en aan die brand gesteek. Haar onherkenbare liggaam is vyf dae later gevind.

AO Rabed Zwana het Baloyi se bewegings met ‘n gehuurde motor vasgestel. Hy het sy selfoon verkoop om met ‘n taxi na Giyani in Limpopo te probeer vlug, waar hy in hegtenis geneem is.

Baloyi het skuldig gepleit, waarna hy gevonnis is. Hy het Maluleke se familie om verskoning gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief