Lewenslange tronkstraf nadat swanger vrou doodgekap is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Twee neefs, onderskeidelik 21 en 28 jaar oud, is lewenslange tronkstraf opgelê nadat ‘n swanger vrou in Desember 2019 in die Msinga-omgewing doodgekap is.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê die oorledene was met die een veroordeelde (28) in ‘n verhouding betrokke. Hulle het saam ‘n 5-jarige dogter. In 2018 het die oorledene hulle verhouding weens geweld beëindig en ‘n beskermingsbevel bekom. Die oorledene was swanger met ‘n ander man se baba.

Op 2 Desember 2019 was die oorlede vrou en haar dogter tuis toe die twee neefs die deur afgebreek het. Die oorledene is oorweldig en met ‘n panga en bosmes gekap. Sy en haar ongebore kind het weens die aanval van ongeveer 30 minute gesterf. Hierna wou die vrou se eks sy 5-jarige dogter vermoor, maar is deur sy neef gekeer. Hulle het van die toneel gevlug.

Die 5-jarige het hulp van die bure gekry. Die twee neefs het hulleself aan die polisie oorhandig en is gearresteer.

Premie Naidoo, die staatsaanklaer, het die kind wat die aanval op haar ma aanskou en hulp moes soek se getuienis in die hof gelei. Volgens ‘n slagofferimpakverklaring het die kind nagmerries oor die moord en mis sy haar ma. Die bure het ook getuig hoe hulle die oorledene se geskree vir hulp gehoor het.

Die veroordeeldes is buiten hulle lewenslange vonnis onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief