Lewenslange tronkstraf vir misdade gepleeg terwyl beskuldigde op parool en borg is

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Anele Hlaba (20) is deur die hof tot 12 jaar vir poging tot verkragting van ‘n vrou (85) en lewenslank vir die verkragting van ‘n vrou (65) gevonnis.

Hlaba was reeds op parool toe hy vir nog ‘n misdaad borg kry en weer ‘n misdaad pleeg.

Kapt. Loraine Earle sê die vrou (85) is op 15 Maart, net na middernag, gewelddadig in haar huis aangeval deur ‘n man wat probeer het om haar te verkrag. Haar bure het met haar geskree tot haar redding gekom. Die verdagte is vasgetrek en aan die polisie oorhandig.

Earle sê die verdagte was op 30 Maart reeds 15 dae op borg toe hy ‘n vrou (65) in dieselfde straat aangeval en verkrag het. Die misdaad is aangemeld en Hlaba is nog dieselfde dag in hegtenis geneem.

Tydens die ondersoek wat deur speur.sers. Bokamoso Peter van GKS gelei is, het sy saam met adv. Valerie Herholdt, die staatsaanklaer, bekendgemaak die Hlaba was reeds op parool vir ‘n vorige seksuele aanranding op ‘n vrou (22) in 2023.

Earle sê al drie die slagoffers het in dieselfde area gewoon. Peter het binne vyf maande haar ondersoek afgesluit en die skuldigbevinding en vonnisoplegging in die hof verseker.

“Hierdie saak beklemtoon die kritieke werk van ons wetstoepassingsagentskappe om ernstige misdade vinnig aan te spreek en op te los. Die toewyding van speurdersersant Peter en adv. Herholdt het verseker dat geregtigheid geskied, wat ‘n mate van verligting aan die geaffekteerde gemeenskap bied.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief