Lewenslange tronkstraf vir verkragting van 84-jarige vrou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Thato Lekgoe (27) is deur die Mothibistad-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 84-jarige blinde vrou.

Volgens NVG-woordvoerder Mojalefa Senokoatsane het die misdaad op 2 Maart 2024 in Letlhakajaneng naby Kuruman plaasgevind. Lekgoe het die huis van die slagoffer met ‘n mes en ‘n byl betree, haar oorweldig en verkrag. Twee minderjarige kinders, onderskeidelik 6 en 8 jaar oud, was ten tyde van die misdaad aan die slaap en in die huis. Die jongste kind het wakker geword en die byl versteek en ook die aanvaller met die flits van ‘n selfoon gesien, wat ’n belangrike rol in die polisie-ondersoek gespeel het. DNS-toetsing het die beskuldigde uiteindelik met die misdaad verbind.

Lekgoe het tydens die verhoor die aanklagte ontken, maar die hof het sy weergawe van die hand gewys. Die hof het bevind dat die wrede en vernederende aard van die misdaad, tesame met sy gebrek aan berou, die vonnis van lewenslange tronkstraf regverdig. Hy mag ook nie ’n vuurwapen besit nie, sy naam is in die nasionale register van seksoortreders opgeneem en hy mag nie met bejaardes werk nie.

Die NVG het Beauty Mooreeng se rol as hofvoorbereidingsbeampte beklemtoon wat gesorg het dat getuies, insluitend die jong kind, gereed was om te getuig. Die Thuthuzela-sorgsentrum (TCC) in Kuruman is ook geprys vir die onmiddellike mediese sorg, psigomaatskaplike ondersteuning en bystand tydens die strafregtelike proses.

I

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief