Lewenslange vonnis vir grumoord

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Pheral Bamberg (33) is in die De Aar-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy lewensmaat, Roylene Mondsinger (33), op grusame wyse onthoof het en daarna gaan slaap het.

Volgens Kol. Cherelle Ehlers het die voorval op 3 November 2022 op Carnarvon plaasgevind toe ‘n rusie tussen die paar ontstaan het. Mondsinger wou na haar ma se huis toe gaan, maar is deur Bamberg aangerand. Hy het haar daarna met ‘n mes onthoof, haar liggaam in die kombuis op die vloer gelos en in die slaapkamer gaan slaap. Mondsinger se ma het die volgende oggend op haar dogter se liggaam afgekom en die polisie ontbied, waarna Bamberg gearresteer is.

“Bamberg is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot sy skuldigbevinding en vonnisoplegging op 13 November 2024,” sê Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die nadoodse ondersoek het onthoofding as die oorsaak van dood aangedui, terwyl getuies die egpaar se argument gehoor het, wat die volgende oggend aan Mondsinger se ma gerapporteer is. Sy het daarna die huis besoek en op haar dogter se liggaam afgekom.

Bamberg het gedurende die verhoor volgehou hy is onskuldig.

“Terche Engelbrecht, die staatsadvokaat, het ‘n oortuigende saak voorgelê, insluitend ‘n omvattende nadoodse ondersoek wat die oorsaak van dood as onthoofding aangedui het. Die staat het aangevoer dat Bamberg sy maat wreed met ‘n mes onthoof en haar tydens die voorval met verskeie voorwerpe aangerand het.”

Senokoatsane sê Bamberg het ‘n geskiedenis van gewelddadige optrede gehad, met twee vorige skuldigbevindings vir aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer (GBH).

Die vonnis is deur die NVG verwelkom. Lt.genl. Koliswa Otola het speur. konst. WJ Heyns en Terche Engelbrecht, die staatsadvokaat, geloof vir hulle toewyding aan die suksesvolle afhandeling van die saak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief