Lewenslank tronk toe vir pa wat babadogter verwurg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Hloniphani Trust Sithole (30) is deur die Johannesburg-hooggeregshof lewenslank tronk toe gestuur nadat hy vir Ntokozo Mokoena (7 mnde.), sy dogter, in Kagiso, Soweto, vermoor het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê addisionele vonnisse is aan Sithole opgelê, waarvan vyf jaar vir ontvoering, 15 jaar vir roof en vier jaar vir oortreding van die immigrasiewet. Sithole en die baba se ma, wat in ‘n verhouding was, het tot twee weke voor die moord nog saamgewoon en is daarna uitmekaar.

Sers. Andrew Maswanganye het met ‘n ondersoek bevind Sithole het die baba op 26 Februarie 2024 onder valse voorwendsel saam met hom geneem, maar het nie teruggekeer nie. Die ma het die baba as vermis aangemeld. Vir twee opvolgende dae het Sithole stemnotas en foto’s aan die ma gestuur om haar by die liggaam van die baba uit te bring. Die inligting is deur die polisie en lede van die gemeenskap opgevolg, waarna die baba se lewelose liggaam in ‘n oop veld aangetref is. Paramedici het bevestig sy is verwurg.

Die ma van die babadogter het tydens die verhoor ‘n slagofferimpakverklaring gegee wat van haar emosionele trauma getuig en het gevra Sithole moet lewenslank in die tronk deurbring.

Tydens ‘n aparte insident het Sithole op 7 Maart 2024 ‘n persoon met ‘n mes van ‘n selfoon en beursie beroof. Hy is deur GPF-lede aangekeer en die gesteelde items is in sy besit gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief