Lewensredder verdrink toe hy tiener wou red

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Freddy Msiza (39), ‘n munisipale lewensredder van Steve Tshwete-munisipaliteit in Middelburg, het Saterdagmiddag sy lewe verloor toe hy ‘n tienerseun (15) in die Kees Taljaard-swembad wou red.

Sibusiso Chauke, waarnemende woordvoerder vir die munisipaliteit, sê Msiza se afsterwe is ‘n groot verlies vir die munisipaliteit. Die omstandighede van die insident word ondersoek en sal mettertyd beskikbaar gestel word.

Die swembad is intussen tydelik gesluit en sal weer Maandag geopen word. Inwoners wat die swembad gebruik, word gemaan om meer waaksaam oor veiligheidsmaatreëls te wees en wenke wat op kennisgewingborde verskyn, ter harte te neem.

Dr. Elizabeth Shabalala, die waarnemende munisipale bestuurder, het medelye met Msiza se familie en vriende uitgespreek. Begrafnisreëlings sal binnekort beskikbaar wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief