WES-KAAP. – Meer as 680 lewensredders sal hierdie feesseisoen by swembaddens en strande in Kaapstad diens verrig.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, het aangekondig die lewensredders is deel van meer as 5 000 personeellede wat vir veiligheid regoor Kaapstad ontplooi word. Dit is ‘n rekordgetal vir die stad.
“Ons verwag rekordgetalle besoekers hierdie feesseisoen, wat ‘n welkome hupstoot vir ons plaaslike ekonomie bring en tienduisende werkgeleenthede ondersteun.”






