Liam Payne van One Direction val na sy dood

Lees ook :

Foto: Liam Payne Facebook blad

Liam James Payne (31), eens deel van die wêreldberoemde pop-boyband One Direction, het Woensdag gesterf toe hy van die derde vloer van die CasaSur Palermo Hotel in Buenos Aires, Argentinië, geval.

Volgens berigte is die polisie na die hotel ontbied vir ‘n “aggressiewe man, wat moontlik onder die invloed of bedwelm” is. Dit is egter nie bevestig dit was Payne nie. Payne se liggaam is op ‘n binnepatio gevind. Hy het ‘n geskiedenis met dwelmmiddels gehad.

Payne het bekend geword nadat hy gedurende 2008 aan X Factor deelgeneem en as lid van One Direction gekies is.

Hy laat sy seun Bear (7) by Cheryl Cole, ‘n Britse televisiepersoonlikheid en sangeres van Girls Aloud, asook sy ouers Karen en Geoff Payne en sy sibbe Ruth en Nicola Payne, agter.

Payne se tweede enkelsnit Teardrops is op 1 Maart vrygestel.

Foto: One Direction Facebook-blad

Bronne: BBC, Wikipedia, CNN, Facdebook en The Guardian

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief