Liefste Garsie verloor haar dapper stryd teen siek wees

Lees ook :

Foto: Laerskool Garsfontein

GAUTENG. – Miané Pretorius (8) het Woensdagaand kort voor 18:00 haar jarelange stryd teen lewer- en immuunsiekte verloor.

Laerskool Garsfontein het haar afsterwe op sosiale media bekendgemaak: “Dit is met groot hartseer om ons liefste Miané te groet. Sy het elke Garsie inspireer met haar liefde vir ander, haar omgeehart, glimlag en veral haar veggees! Ons dra die Pretorius-gesin op in gebed. Ons gaan jou mis, Miané”

Die Support Miané Facebook-blad het ook haar afsterwe bekend gemaak. Op 18 November het ‘n plasing gesê Miané se toestand is besig om geleidelik te verswak en sy ontvang slegs morfien en word gesedeer. Op 16 November het ‘n dokter weens askitis ongeveer 1.3 liter vloeistof uit haar buik verwyder en op 17 November weer 500 ml.

Miané word deur haar ouers, Alison en Johan Pretorius, en haar boetie Handré oorleef.

Sy is op 2 November 2023 na menige toetse gediagnoseer. Op die Support Miané Facebook-blad is gesê: Genetiese toetsing het gewys dat sy mutasies op haar gene het en is met combined immunodeficiency (SCID), ’n baie ernstige en ongeneeslike immuunsiekte, gediagnoseer. Volgens ‘n sosialemediaplasing op die betrokke dag is daar verduidelik dat haar B-selle met weeklikse Beriglobin-inspuitings gehelp word, maar haar T-selle kan net met ’n beenmurgoorplanting herstel word.

Die dokters was in daardie stadium van mening dat sy te swak is en die kans dat sy die operasie of herstel sal oorleef, baie klein is. Die siekte het verder haar lewer beïnvloed, wat lewersirrose veroorsaak het, skade wat onomkeerbaar is. ’n Leweroorplanting of immuunonderdrukkers was net nie moontlik nie, omdat haar liggaam dit nie sou kon hanteer nie.

“Vir nou kan hulle net voortgaan met haar medikasie om haar lewenskwaliteit te behou. Haar lewensverwagting is laag, maar die mediese span sal hul volle ondersteuning gee en sorg dat sy so gemaklik as moontlik bly. Sy begin ook binnekort sielkundige terapie om haar te help met die pad vorentoe. Al is die omstandighede moeilik, vertrou ons dat God vir ons is.”

Lees Miané se storie soos wat dit op 1 November 2023 op die Facebook-blad gedeel is hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief