Life Esidimeni – voormalige LUR van gesondheid en geestesgesondheidshoof kan aanspreeklik gehou word

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Qedani Mahlangu, die voormalige LUR van gesondheid en dr. Makgabo Manamela, die voormalige direkteur van die Gautengse gesondheidsdepartement se psigiatriese direktoraat, kan aanspreeklik gehou word vir die dood van agt pasiënte in die Life Esidimeni-tragedie.

Regter Teffo het sy uitspraak in die Pretoria-hooggeregshof in die geregtelike doodsondersoek (GDO) van die sterfte van 141 pasiënte gelewer. Aanspreeklikheid is slegs vir die volgende pasiënte: Virginia Macaphela, Terence Chaba, Lucky Maseko, Josiah Daniels, Charity Ratsotso, Deborah Phehla, Matlakala Elizabeth Motsohae en Koketso Mogoerane.

Vir die res van die 133 pasiënte wat gesterf het, kan Mahlangu en Manamela nie aanspreeklik gehou word nie.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die uitspraak van die geregtelike doodsondersoek het op 19 Julie 2021 voor regter Teffo begin.

Altesaam 40 getuies het getuig. Dit het Manamela en Mahlangu, asook David Makhura, die voormalige premier en Barbara Greecy, die voormalige LUR vir finansies in die provinsie, ingesluit.

Die direkteur van openbare vervolging het van die uitspraak notisie geneem.

“Die volgende stap is dat die kantoor van die DOV die uitspraak deeglik sal bestudeer om te bepaal of die NVG vervolging sal instel teen die twee individue wat die hof bevind het aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief