VRYSTAAT. – Desebo Portia Mosupa (30) is op 15 Julie by die Welkom-polisiestasie as vermis aangemeld. ‘n Liggaam, vermoedelik dié van Mosupa, is in ‘n begraafplaas begrawe.
Brig. Motantsi Makhele sê nadat Mosupa as vermis aangemeld is, het die polisie op inligting reageer en ‘n liggaam in ‘n reeds gebruikte graf in Thabong-begraafplaas gevind. Die liggaam is Vrydag deur forensiese ondersoekers uitgegrawe.
“Een verdagte, 37 jaar oud, is vir moord gearresteer en die ondersoek duur voort.”
Na ‘n versoek vir inligting van die gemeenskap is ‘n tweede verdagte (42) Sondagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Makhele sê enigiemand met inligting wat tot meer inhegtenisnemings kan lei, kan speur.sers. Zuzeka Kobuwe by 078 683 9201 bel.





